"Ek is dankbaar vir die kinder-hartjies wat ons kan bedien. Die kinders is altyd baie opgewonde as ons by die klassies aankom. Hulle raas, lag, druk en groet ons as ons daar aankom. Eers bid ons saam dan is dit tyd vir die Wikkelwurm kurrikulum, ons sing liedjies saam en ons sluit ons af met vrae en antwoorde.
Ek en my mede aanbieder kan lekker lag want hulle hou vir hulle slim. Ons is dankbaar dat ons n voorreg het om fondasies in die kinders in te kan bou. Soms vat ons sout tjips, suurlekkertjies, en soetlekkertjies saam en deel dit vir die kinders uit. Hulle geniet dit baie, selfs die juffrouens geniet dit saam. Ons sien hoe Jesus deur sy groot liefde mense se lewens aanraak en hoop bring."
- Miranda Kallamina